Jimie Malan van Malanseuns Plesierplante

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Jimie Malan

Ons kuier by Jimie Malan van Malanseuns Plesierplante, net noord van Pretoria. Hy is aangewys as Agri SA se Nasionale Jongboer vir 2023 en dié kwekery voer ook uit na verskeie lande. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Mornay Verster

As ‘n man op 12 sy eerste stuk grond met beeste koop, kom besigheidservaring en beesteelt van ver af. Mornay Verster boer naby Tweespruit, Vrystaat, en bedryf verskeie stoeterye onder die Le Roc-vaandel. Daar is ook ‘n hotel in Frankryk ter sprake… Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie […]

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Hendré Kachelhoffer

Twee plattelandse skole het in Kroonstad in die Vrystaat saamgesmelt om as Hoërskool Trio verbeterde onderrig te bied. Hendré Kachelhoffer verduidelik hulle fokus op landbou, akademiese – en tegniese vakke. Hier kry selfs die dorpskinders behoorlike blootstelling aan boerdery. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!  

LBW S24EP07 - Richard Godfree-Thom

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Richard Godfree-Thom

‘n Jongman met ‘n groot passie vir katoen, dis Richard Godfree-Thom buite Hartswater, Noord-Kaap. Sy navorsing en volgehoue proewe maak van hom ‘n leier; nie net in die streek nie, maar ook in die breër katoenbedryf. Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!  

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam met RC Malherbe

RC Malherbe bedryf saam met sy pa en broer ‘n gemengde boerdery op Graslaagte by Hertzogville in die Wes-Vrystaat. Buiten die gesaaides is hier vele stoeterye: Suffolks en Vleismerino’s en die bekroonde Roechama Angus-stoetkudde. Kyk Dinsdag @landbouweekliks om 18:00 op @viatv.  

Vanaand op Landbouweekliks | Kuier saam met Heiko Gevers

Heiko Gevers, die 2023 KZN Jongboer van die Jaar, se onberispelike organisasievermoë en detailgedrewe benadering laat hom vooruit boer naby Lüneburg. Die hoofvertakking is bosbou, maar hier is ook mielies, sojabone en beeste. Kyk Dinsdag @landbouweekliks om 18:00 op @viatv. https://www.landbou.com/landbou/Landbouweekliks/kyk-heiko-gevers-is-die-week-op-landbouweekliks-20240311