Dié familie boer vooruit met tegnologie

Die sojapionier en presisieboer mnr. Gerrit Roos pas al meer as drie dekades bewaringsbeginsels toe. Gerrit is ’n voormalige wenner van die Weegen- Wen-opbrengskompetisie. ’n Deel van sy suk- ses kan toegeskryf word daaraan dat hy elke jaar kommersiële kultivarproewe op hul plaas Leeubank naby Belfast in Mpumalanga aanplant. Gerrit weet dus watter kultivars die beste presteer. Hy boer sedert 1991 saam met sy pa, Gert, waar dié se pa, ook Gert, die boerdery in 1944 begin het. Gerrit se seuns, Gerlu en Heinrich, boer ook saam.