Kobus Dannhauser: ‘Wees die beste op jou terrein’

Mnr. Kobus Dannhauser, voormalige Graanprodusent van die Jaar van die plaas Goedgedacht naby Parys in die Vrystaat, het mielieboerdery vir vleisbeesboerdery verruil. Hy boer saam met sy seun, Johan, en hulle bedryf ’n voerkraal en Droughtmaster- en Beefmaster-stoeterye. Hulle pas presisieboerdery met die beeste toe. Kobus boer al byna 40 jaar lank op Goedgedacht, wat al meer as 140 jaar in die Dannhauser-familie se besit is. Hy is die sesde geslag van die familie op die plaas en Johan is die sewende geslag.