Derick le Roux: ‘Boerdery is ’n leefwyse’

Mnr. Derick le Roux, die Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar vir 2019, is die jongste teler nóg wat hierdie titel ingepalm het. Hy het dié eerbewys op die LRF-veeskool ontvang. Derick boer saam met sy pa, Carl, ma, Marita, en broer, Wesbie, met die Xourel-Limousinstoetery, ’n kommersiële vleisbeeskudde, ’n voerkraal en gesaaides op Twee Buffels naby Lichtenburg in Noordwes. Die Limousinstoetery is in 2008 geregistreer en die boerdery is vanjaar 50 jaar oud. Xourel Rainmaker is voorheen as Suider-Afrika se beste skoubul aangewys.