Van Zyl-familie: ‘Boer elke dag so goed jy kan’

Met ’n balanseertoertjie tussen die regte kultivars, puik vogbewaringspraktyke en ’n konserwatiewe hand met kunsmis het die bekende Van Zyl-veeboerfamilie hom ook in 2018 die eer as finalis in Graan SA se kompetisie vir die Graanprodusent van die Jaar losgeboer. Al is die Van Zyls van Prairie, Ladybrand, bekend in veekringe, gee hulle die toon aan in hul omgewing met vogbewaringspraktyke en die regstelling van grondsamestellings. Theo jr. boer onder meer met Sussex- en Boranbeeste en sy broer Cobus met mielies, sonneblomme en sojabone. Theo sr. is ook by die veevertakking betrokke.