Marx-gesin gaan ‘reguit vorentoe’ met hul boerdery

Danksy ’n genetiese seleksiegrondslag wat so wyd moontlik is, en deur die gaping tussen wetenskap en die oog te vernou, herskryf die Marx-gesin al jare lank die geskiedenisboeke met hul FEM-Dohne- Merino-stoetery. Mnre. Frans en Andries Marx, pa en seun, van die plaas Sewefontein by Burgersdorp in die Oos-Kaap, was verlede jaar die naaswenners in die skaapkategorie van die nasionale Skaap- en Beesboer van die Jaar-kompetisie. In 2018 het hulle ’n ram, SD5-15, teen ’n wêreldrekordprys van R335 000 op die nasionale Dohne-Merinoveiling verkoop. Hulle benut ook tegnologie ten volle.