Masjiene én mense belangrik op die plaas

Mnr. Piet Engelbrecht en sy twee seuns is deel van die Piet Engelbrecht-trust, die sitrusboerdery bekend as Piet Citrus in die Loskop-besproeiingskema tussen Marble Hall en Groblersdal in Limpopo. Piet Citrus is ook die handelsmerk van dié besproeiingsboer, bemarker en uitvoerder. Piet is voorsitter van Agri Limpopo. Hy is in 2017 aangewys as Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar vir Limpopo. In 2017 het hulle ook ’n moderne pakhuis met ’n vloeroppervlak van byna ’n hektaar opgerig. Piet sê as ’n mens vir die perfekte omstandighede gaan wag om te belê, sal jy nooit belê nie en nooit vooruitgaan nie.