Allesbeste-boerdery: ‘Ons toets heeltyd die grense’

Die Ernst-familie van Tzaneen is aan die voorpunt van avokadonavorsing en -ontwikkeling in Suid- van die Jaar aangewys is, se mikpunt is uitnemendheid en nié skaalekonomie nie. Dr. André Ernst en sy seuns, Zander en Edrean, die vierde geslag in die boerdery, glo ook dat enige familielid wat tot die boerdery toetree, waarde moet toevoeg. Die Allesbeste- boerdery is die ontwikkelaar van die Malumakultivar, waarvan die planttelersregte in 2004 geregistreer is. Maluma is die eerste eg Suid-Afrikaanse avokadokultivar met ’n eie handelsmerk.