Landbouweekliks: ‘Wild kan droogte deurstaan’

Mnr. Ro’an van Tonder, ’n wildboer van Potchefstroom, het ’n groot liefde vir buffels en die gebruik van nuwe tegnologie in die bevordering van die veebedryf. Dié voormalige Jongboer van die Jaar vul sy wildboerdery met skaars spesies op sy plaas Klipfontein aan met die afronding van kalwers. Hy glo in wild as volhoubare vertakking in droogtetoestande. “Selfs in die droogte kon ons ons diere in ’n goeie toestand hou, terwyl vee in groot getalle gevrek het.” Hy het onlangs ’n toepassing vir aanlyn veilings, Meerkat, ontwerp.