‘Katoen hou groot belofte in’

Mnr. Jozeph du Plessis van Locklore Boerdery by Schweizer-Reneke in Noordwes is onder andere ’n kommersiële katoenprodusent op droëland en raadslid van Graan SA. Hy sê katoen se droogteverdraagsaamheid kan somersaaiboere help om weer moed te skep in streke waar die droogte hulle vroeër geknou het, veral in gebiede waar mielieverbouing nie meer haalbaar is nie. Jozeph is ook betrokke by die bekroonde Locklore Santa Gertrudis, die oudste Santa Gertrudis-stoetery en een van die grootste Santa-kuddes in die land.