Landbouweekliks: Ervaar plaaslewe in die stad

Landbouweekliks kuier by twee neefs, Adrian en Henry van der Byl van Irene Farm in Gauteng. Benewens ’n melkboerdery (sowat 260 Holsteinkoeie), bestaan die onderneming ook uit verskeie ander vertakkings. Die plaas spog met ’n deli, twee restaurante, konferensie- en onthaalgeriewe, ’n hotel en ’n vleisbeesvertakking. Hulle boer ook met mielies en soja. Adrian is verantwoordelik vir die boerdery, terwyl Henry die gasvryheidsafdelings behartig. Hulle ruil elke paar jaar rolle om. Sowat 10 000 mense besoek elke maand die plaas.