Só behaal die boere blomsukses in mieliewêreld

Landbouweekliks kuier by Pretorius Blomme by Delmas in Mpumalanga. Dit is eintlik mieliewêreld, maar dit het die Pretoriusse nie afgeskrik nie. Van Delmas af is dit redelik maklik om by die blommemark in Johannesburg uit te kom, dit is sentraal geleë vir kliënte, daar is genoeg water en die grond was bekostigbaar. Pretorius Blomme het vandag sowat 3 ha onder 18 kweekhuise. Hulle plant weekliks 90 000 steggies van 20 verskillende krisantkultivars. Blomme word daagliks reg deur die jaar gesny en hulle kweek ook hul eie steggies.