Die week op Landbouweekliks: Neels Grobbelaar behaal sukses met Dorpers

Mnr. Neels Grobbelaar, ’n GWK Icons-bekroonde Dorperboer, boer op sowat 48 000 ha by De Aar in die Noord-Kaap. Om projekte doelgerig en gedissiplineerd aan te pak, is die hoeksteen van sy boerdery. Dit geld nie net onkruidbestryding nie, maar ook sy veldbestuur, teelprogram en die produksie van organiese skaapvleis. Hy beklemtoon onder meer die regte drakrag en goeie waterbe- stuur. Die bouvorm van sy skape is so eenvormig soos die infrastruktuur op sy plase, en skoon water en krippe vir sy vee is ononderhandelbaar.