Op Landbouweekliks die week | Sterns behaal sukses met puik weidingsplan |

Doug (voorsitter van Agri Oos-Kaap) en Liz Stern boer op die plase Rietpoort en Quaggasvlei naby Nieu-Bethesda in die Oos-Kaap en in die Sneeuberge noord van Graaff-Reinet. Hul seun, Dave, is stadigaan besig om die leisels oor te neem. Hulle pas hoëdrukwisselweiding met groot sukses toe en dit gaan gepaard met ’n weldeurdagte beweidingsplan wat die natuurlike bronne van die veld reg bestuur. Die boerdery bestaan uit 2 000 Dohne-Merino’s en Tuli-beeste, wat wissel van 40-100 na gelang van die weiveldtoestande.