Op Landbouweekliks die week: ‘Vra raad en doen navorsing’

Mnr. Johann Nel van Hoëkraal tussen Suurbraak en Barrydale, die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar in 2017, kon sy skaapkudde verdubbel, sy melkkoeie met 300 vermeerder én Boerbokke inbring sonder om grond by te koop deur bestuur op te skerp en elke hulpbron op sy plaas te benut en te ontwikkel. Johann boer met onder meer koring, gars, ’n Jerseykudde en ’n Dohne-Merinokudde. “Ons boer met voer. Die hoeveelheid voer wat ons kan lewer, bepaal hoeveel skape ons kan aanhou en hoeveel koeie ons kan melk,” sê hy.