Op Landbouweekliks die week: Gideon Melck: ‘Maak seker jy voeg waarde toe’

Mnr. Gideon Melck van die plaas Waterboerskraal by Hopefield in die Wes-Kaap is ’n ware natuurliefhebber. Hoewel die wêreld by Hopefield meer bekend is om koring en graan as om vleisbeeste, het Gideon, wat inderdaad eintlik ’n koring-en-graanboer is, se liefde vir vleisbeeste daartoe gelei dat hy ook met puik kommersiële vleisbeeskuddes boer wat geneties enige tyd met die beste stoetdiere kan meeding. Hy selekteer streng vir vleis deur net die beste stoetbulle te koop en skakel dit dan om in geld in sy voerkraal.