Op Landbouweekliks die week | Jacques Bester: ‘Leef jou roeping ten volle uit’

Mnr. Jacques Bester se liefde vir sy boerdery word waarskynlik net-net geëwenaar deur die geesdrif waarmee hy as president van die Swartlandskou elke jaar woeker om dié streek en sy mense aan sowat 20 000 besoekers bekend te stel. Hy boer op die plaas Nooitgedacht (sowat 1 600 ha) tussen Riebeek-Wes en Moorreesburg in die Wes-Kaap. Hy verbou koring, kanola en gars en het ook met ’n toetsperiode begin vir die besproeiing van lusern. Die vleisvertakking bestaan uit sowat 500 skape en 100 Angus-beeste.