Op Landbouweekliks die week | Vyfdegeslagboer glo in gehalte en sterk werkmag

Mnr. Marthinus Willemse van die plaas Matilda, tussen Memel en Verkykerskop in die Oos-Vrystaat, is ’n vyfdegeslagboer. Sy oupagrootjie het in 1918 na Memel gekom en aanvanklik met Merino’s en beeste geboer. Vandag bestaan die boerdery uit ’n veevertakking (beeste en skape), gesaaides (mielies, soja en hawer) en appels. Daar is ook aangeplante weiding onder besproeiing. Marthinus sê die gehalte van hul vee, die staatmaker-werkmag en die infrastruktuur op die plaas is van die boerdery se grootste suksesse.