Landbouweekliks: Nuwe reeks begin met Agri SA-voorsitter

Met plase by Setlagole en Stella in Noordwes, asook in Zambië, is mnr. Pierre Vercueil, voorsitter van Agri SA, deur en deur ’n sakeman. Sy visie is om besighede te bou wat geleenthede en finansiële voordele aan sy familie, aandeelhouers en werkers bied. Hy glo elke werknemer se potensiaal moet ontsluit word. Hulle boer met varke, speenkalwers, wild en avokado’s, en vervaardig kompos. Daar is ook ’n droëlandsaaiboerdery, ekstensiewe voerkraal en afrondingsvoerkraal. Pierre was voorheen voorsitter van Agri Noordwes.