Op Landbouweekliks die week | James Kean: ‘Opleiding is belegging in plaas’

Mnr. James Kean is al meer as dertig jaar ’n melkboer in die KwaZulu-Natalse Middelland. Hy is met Cheryl getroud en saam het hulle in 1989 met 95 koeie op 200 ha begin boer. Deesdae is dit ’n bekroonde boerdery met drie melkerye. James is voorsitter van die Upper Midlands Agricultural Transformation Initiative. Dié organisasie is gestig om transformasie en hervorming in die landboubedryf aan te moedig deur die verskaffing van onder meer infrastruktuur en opleiding. James glo alles begin by gesonde grond en elke druppel water tel.