Landbouweekliks: ‘Lê klem op wat jy kan beheer’

Hoewel die tweelingsbroers mnre. Greg en Craig Carter-Brown van KwaZulu-Natal hul eie boerderye het, kombineer hulle ook hulpbronne om koste te bespaar en ter wille van groter gesamentlike bedingingsmag. Hulle is derdegeslagboere wat in die distrik Harry Gwala (tussen Ixopo en Creighton) met melkbeeste boer. Daar is ook ’n bosbouvertakking, ’n voermeul vir elke melkery en hulle meng self voer. Hul ouers is ook boere in die omgewing. Greg het in 2015 ’n hidrokragsentrale gebou wat vir die besproeiing van kuilvoermielies gebruik word.