Landbouweekliks is terug! Die week kuier ons by die Mockfords, wie wetenskaplik met varke boer

Mockford Farms is geleë tussen Polokwane en Mokopane in Limpopo. Peter Mockford en sy seuns, die tweeling Shaun en Brad, bedryf ’n uitgebreide boerdery met varke (kommersieel en ’n stoetery), wild, Bonsmara-beeste (kommersieel en ’n stoetery), turksvye en bloubessies. Peter is ’n bekende in varkboerderykringe — hy is ’n voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie en die Varktelersgenootskap van Suid-Afrika. Die Mockfords slag, verwerk, verpak en verkoop self hul varke en die boerdery het ook sy eie winkel.