Die week op Landbouweekliks | Etiek in krokodil-boerdery belangrik

Nadat Connie du Toit in 2006 afgetree het ná ’n loopbaan in die korporatiewe wêreld, het hy CDT Crocs in 2008 naby Mookgopong in Limpopo tot stand gebring. Deesdae boer hy met sowat 15 000 Nyl-krokodille van verskillende groottes. Hy boer ook met katoen, sonneblom, sorghum, paprika en botterskorsies. Connie sê dit duur sowat vier jaar voordat ’n krokodil vir sy vel geslag kan word. Hy slag en sout self die krokodilvelle, waarna dit verkoel (“wet salted”) word totdat dit verkoop kan word. Só het die velle ’n betreklike lang raklewe.