Die week op Landbouweekliks | Op dié pynappelplaas word als per hand gedoen

Gwanzi Queen Pineapples is geleë in Hluhluwe in KwaZulu-Natal en word bestuur deur Fred Visser en sy seun, Du Toit, met ’n merkwaardige span wat hulle ondersteun. Die boerdery is meer as 50 jaar gelede op net 5 ha begin, maar is vandag een van die beste en grootste pynappelprodusente in Suid-Afrika. Hulle boer met 150 ha pynappels, wat elke week van die jaar geoes word. Hulle glo in volhoubare grondbewerkingspraktyke en boer na aan die natuur. Hul produkte word plaaslik en internasionaal beskou as ’n primahandelsmerk met puik smaak.