Die week op Landbouweekliks | Charl Senekal: ‘Bly altyd by met tegnologie’

Charl Senekal sr. staan nie sonder rede bekend as Suid-Afrika se suikerkoning nie – sy boerdery is een van die grootste private suikerrietboerderye in die Suidelike Halfrond met 4 200 ha landerye onder besproeiing. Die familie boer ook met sitrus, katoen, droëbone, makadamias, brandrissies, wild en beeste, en vervaardig werktuie. Charl is onder andere ’n voormalige Boer van die Jaar. In 2017 het hy ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van KwaZulu-Natal ontvang vir sy bydrae tot die landbou en opheffingswerk in die gemeenskap.