Die week op Landbouweekliks | ‘Hoe kan boere relevant bly?’

Simon D’Aubrey, Kwanalu se Jongboer van die Jaar vir 2019, is die derde geslag wat op Arcadia Estate by Eshowe boer. Hulle boer met suikerriet, hout, suurlemoene en avokado’s. Arcadia Estates oes sowat 20 000 ton suiker per jaar en het ook 60 ha wattel- en bloekombome – hoofsaaklik vir pulp vir papiervervaardiging. Simon lê klem op die bewaring van grond vir toekomstige geslagte en beplan sy boerderymetodes rondom die omgewing. Hy sê jy moet jou grond met deernis behandel, jou werkers eerbiedig en altyd gereed wees vir verandering.