Die week op Landbouweekliks | Kennersoog dra by tot sukses

Deur wetenskaplike beginsels, soos selektiewe paring, met behulp van ’n moderne rekenaarprogram met praktyke op grondvlak te kombineer om die mees aangepaste beeste in ’n veldtoets uit te soek, maak 2020 se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar groot teelspronge in sy Branguskudde. Mnr. André van der Merwe van Reitz in die Oos-Vrystaat, sy vrou, Riana, en hul seun, Manfred, boer op die plaas Amanda. As stoettelers teel hulle uitsluitlik rooi en swart Brangus-stoetbulle vir hulself en om aan ander beesboere te verkoop.