Die week op Landbouweekliks | Boer met die ‘lekkerste gewas’

Jaco Fivaz is al byna 18 jaar lank die bestuurder op Mohlatsi, naby Hoedspruit in Limpopo. Op dié plaasvan 350 ha word ’n verskeidenheid mangokultivarsgeproduseer. Daar is ook ’n pakhuis, ’n aanleg omvrugte te droog, ’n winkel waar die publiek verskeiemangoprodukte kan koop en geriewe om atjar te produseer. Jaco behaal groot sukses danksy snoei-tegnieke wat hy by kenners geleer en oor die jareverfyn het, hoëdigtheidsaanplantings, navorsing, proewe, waardevolle vennootskappe en spuitprogrammewat verskil van die norm in die bedryf. Die eerste episode van reeks 13 van Landbouweekliks, Landbouweekblad se TV-program oor merkwaardige en unieke Suid-Afrikaanse boere, word op Dinsdag 23 Maart uitgesaai.