Die week op Landbouweekliks | Forelboere: ‘Akwakultuur is ook boerdery’

Die Van der Merwes van Lunsklip Fisheries by Dullstroom is pioniers in die plaaslike forelbedryf. Hulle voer embrio’s uit, verskaf lewende vis aan die plaaslike mark en verwerk vis in verskeie produkte. Gerrie en Hannetjie het dié forelplaas in 1972 begin. Dit was ’n waaghalsige besluit omdat min oor forel en akwakultuur toe bekend was, maar die Van der Merwes was vol energie en bereid om hard te werk. Vandag is die seuns Stephan en Reinier aan die stuur van sake. Hulle het die boerdery deur goeie bemarking en vernuwende denke uiters suksesvol voortgesit.