Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Louwrens Viljoen

Louwrens Viljoen boer ‘n klipgooi van die Lesotho-grens, naby Clocolan in die Oos-Vrystaat. Een van sy bulle uit die Louwcoe Charolais-stoet het skoonskip gemaak by vanjaar se Vleissentraal SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas.

 

 

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Julie Hobson

Julie Hobson, die Karoo se ‘cowgirl’, is ‘n merkwaardige vrou en ’n vars bries in die landboutoerismebedryf. Haar onderneming, Karoo Ranching, is op die plaas Elandskloof naby Graaff-Reinet. Sy beywer haar ook vir waardetoevoeging op natuurlike vesels.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Arthur Rudman

Arthur Rudman is ‘n bewese sakeman, en sy wildonderneming, Blaauwkrantz Safaris word deur die Rudman-familie bedryf. Maar dis nie net wild wat hoogty vier naby Kirkwood in die Oos-Kaap nie. Angoras is ook een van Arthur se groot liefdes.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met die Dutoit Groep

Die Dutoit Groep is ‘n familieboerdery met sy oorsprong in die Koue Bokkeveld naby Ceres meer as 130 jaar gelede. Met meer as 220 000 ton se vrugte en groente wat jaarliks geproduseer word, duisende mense in diens, en verskeie eenhede in die waardeketting, is hierdie boere meesters in hul bedryf.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!