Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Gog van der Colff

Vir Gog van der Colff blyk niks onmoontlik te wees nie. Die Van der Colff-groep verbou tafeldruiwe, rosyne en cannabis organies naby Upington, Noord-Kaap, én VDC Raisins verpak en versprei ook ander boere se rosyne. Die wildsonderneming in Noordwes is die jongste toevoeging.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Gog van der Colff

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Robbie Meintjes

Robbie Meintjes (86) van naby Griekwastad in die Noord-Kaap is die eienaar van die oudste prestasiegetoetse Dorper-stoetery in Suid-Afrika. Hy pas dieselfde sorgvuldige dataversameling op sy Braunviehs toe, selfs al word die beeste nie as ‘n stoet bedryf nie.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Robbie Meintjes Skape

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Tommie van Zyl

Ons kuier by Suid-Afrika se tamatiereus, ZZ2, in Mooketsi, Limpopo, en gesels met die uitvoerende hoof, Tommie van Zyl, oor die filosofie wat hierdie maatskappy en sy internasionale netwerke rig vir ‘n hoopvolle toekoms.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!