Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Chris Isted

Chris Isted is ‘n vyfdegeslagboer, sakeman, en planmaker in die Barkly-Oos-distrik van die Oos-Kaap. In dié soms sneeubedekte berge is kommunikasie belangrik en een van Chris se besighede sorg dat ander plase ook in verbinding bly.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!

Dié week op Landbouweekliks | Kuier saam met Dwayne Kaschula

Die Nasionale Jongboer van die Jaar, Dwayne Kaschula, het markte ontgin in die ou Transkei, en van 16-jarige plaaswerker sy boerdery uitgebou tot ‘n onderneming met verskeie stewige vertakkings, naby Maclear, oftewel Nqanqarhu, in die Oos-Kaap.

Kom kuier saam, Dinsdag om 18:00 net op VIA, en moenie Landbouweekliks hierdie week misloop nie!