Afrika Agri Tech gerugsteun deur landboureus AFGRI

Die AFGRI Groep het sy steun vir die Africa Agri Tech-konferensie en ekspo aangekondig, wat van 18 tot 20 Februarie 2020 in Pretoria aangebied gaan word. Die geleentheid beloof om een van die hoogtepunte van die 2020 landboukalender te wees en sal die nuutste tegnologie ten toon stel wat landbou en verwante waardekettings omvorm, terwyl die kwessies van ons nuwe realiteit, die sogenaamde Vierde Nywerheidsrevolusie ook aandag sal geniet.

In ag genome die vordering in die Internet van Dinge, Groot Data, outomatisering, en kunsmatige intelligensie, is daar nie ‘n meer geleë tyd as nou om ondersoek in te stel na die moontlikhede wat dit vir landbouproduksie en Suid-Afrikaanse boere inhou nie.

Die uitvoerende hoof van die AFGRI Groep, Chris Venter, sê hulle is verheug om by Africa Agri Tech betrokke te wees. “Ons glo dat tegnologie en digitalisering al hoe belangriker word. Die omwenteling wat dit in die alledaagse lewe te weeg gebring het in terme van markte en produksie verander bykans by die dag. Ons glo dat ‘n ekspo van dié aard, gefokus op die vordering in wetenskap en tegnologie en waar gesprekke gevoer kan word, is lank reeds nodig en baie relevant. Ons gaan nie net staan en toekyk hoe markte ontwrig word nie, ons wil deel van die ontwrigting wees en nuwe innovering na ons bedryf en kliënte bring.”

Die geleentheid sal ook lig werp op die nabye toekoms, om sakeleiers en boere te bemagtig met praktiese en realistiese wenke om dié tegnologie-revolusie oor die volgende vyf jaar te dryf.

Afrika Agri Tech word by die Sun Arena en Maslow Hotel, Time Square, Menlyn Maine in Pretoria aangebied.

Vir meer inligting kontak Pula, Bella, Werner of Ronel by 011 465 0099 of besoek africaagritech.co.za.