Entries by admin_support

Beesboer gaan van geoktrooieerde rekenmeester na Stoetteler van die Jaar!

John Devonport, ’n geoktrooieerde rekenmeester, wou nog altyd boer. Hy en sy vrou, Tracey, ’n sakevrou, het in 1988 ’n plaas vir ontspanningsdoeleindes gekoop aan die Vaaldam se boonste oewer naby Villiers. Water’s Edge front 20 km lank aan die dam en huisves die veelbekroonde Devlan Limousin-stoetery. John was in 2006 Breedplan se SA Stoetteler […]

Leierboer behaal onverwagte sukses in varkbedryf

Neil Dry, president van die Suid-Afrikaanse Varktelersgenootskap, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier, het nooit gedink hy sou met varke boer nie. Die Niemen-stoetery naby Magaliesburg is egter in 1997 met net ses wit sôe en een Landras- beer begin en opgebou tot ’n veelbekroonde varkboerdery, waaronder eerste plekke in SA Stamboek se kompetisie vir […]

Weeg-en-Wen-wenners fokus op grondgesondheid

Michael Allen van die plaas Hartebeesfontein, naby Middelburg in Mpumalanga, en sy seun, Gareth, pas al jare lank presisieboerdery toe met mielies en sojabone. Hulle was ook al meermale wenners in Pioneer se Weeg-en-Wen-kompetisie. Michael se geheim is sy erns met grondstatus en hy sê grondgesondheid is sekerlik die grootste oorweging om top-oeste te behaal.