Beesboer met unieke aanslag op Landbouweekliks

Colleen Jacobs van Douglas is nie net ’n vrou wat met Bonsmaras boer nie. Nee, sy besit die gawe van stoetmeesterskap. Haar pa het die waarde van fyn waarneming al vroeg by haar vasgelê. Wanneer sy raadop is met ’n siek bees, dink sy bloot aan wat sy vir een van haar kinders sou doen. Dié moederlike instink maak van haar ’n uitstekende veeboer.