Blanckenbergs se boerdery meer as ‘n eeu oud!

Ons kuier by Koos en Philip Blanckenberg van die boerderyonderneming JH Blanckenberg. Dié twee broers is meestersuiwelboere by Klipheuwel, noord van Durbanville in die Wes-Kaap. Hulle maak ook hul eie kuilvoer en plant koring, gars en kanola. Die Blanckenbergs het ‘n gediversifiseerde boerdery met sterk integrasie en wedersydse afhanklikheid tussen die vertakkings. In 2014 was hulle die Kaapse finaliste in Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-kompetisie.