Boere kán suksesvol saamboer

Mnr. Dirk van Papendorp boer op die plaas Voorstekop tussen Heidelberg en Swellendam in die Wes-Kaap. Dié plaas vorm deel van die Tweekop-boerdery. Dirk en mnre. Arno en Pieter Steenkamp van Oudekraalskop het in 2014 hul boerdery-ondernemings saamgevoeg in dié maatskappy (altesaam 3 000 ha). Só geniet hulle die skaalvoordele, maar sorg ook dat die bestuurskwessies nie die perke van een mens oorskry nie. Hulle bedryf ’n wol-skaapboerdery, melkery en graanvertakking.