Boetiekkaasmakery is ‘n suksesvolle kleinskaalboerdery

Vandeesweek kuier Landbouweekliks by me. Rina Belcher van die Belnori-boetiekkaasmakery by Bapsfontein in Gauteng.

Sy en haar man, Norman, het 15 jaar gelede begin kaas maak. Hul kase het verlede jaar vier eerbewyse gekry by die World Cheese Awards in Brittanje – en dit sluit kaas van skaap-, bok- en beesmelk in. Sy het ook al ’n Qualité- eerbewys ontvang.