Bruwer-familie wys hoe ‘n familieplaas kan werk

Die meeste Suid-Afrikaanse plase word deur families bestuur – byvoorbeeld die Bruwer-familie van Douglas in die Noord-Kaap. Landbouweekliks besoek hulle dié week. Pa Vickie en sy drie seuns, Gerhard, Hannes en Tokkie, het die kuns vervolmaak om saam te werk. Elkeen kry egter ook genoeg ruimte om sy eie boerderydoelwitte uit te leef.