Pieter Prinsloo slaan munt uit die gaping in die vleismark

Die vraag na vleis van vrylopende diere wat op die veld afgerond is, bied talle moontlikhede vir ’n snelgroeiende plaaslike mark. Dr. Pieter Prinsloo van Queenstown in die Oos-Kaap, voorheen adjunkvoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, het die gaping gesien en die kans aangegryp om ’n premieprys te beding.

 

Vito Rugani: Klein begin, groot gewin

Vito Rugani, Suid- Afrika se grootste wortelprodusent, is die versinnebeelding van die gesegde wat sê klein begin, groot gewin. Greenway Farms by Tarlton aan die Gautengse Wesrand produseer die helfte van Suid-Afrika se wortels, en die boerdery se unieke versappingsaanleg is sonder gelyke in die Suidelike Halfrond.

 

 

 

Langplaas-boere fokus op gesonde produkte lewer

Peet en Gert Jr. Janse van Rensburg van Langplaas-boerdery naby Brits in Noordwes, die derde geslag op die plaas, is groenteboere wat graag gesonder kos wil lewer. Gevolglik pas hulle bewaringslandboupraktyke toe. Hul benadering is: Weg met gif- en misstowwe en terug na ’n bonte verskeidenheid organismes in die grond.

Droomvennootskap werk vir Oos-Kaapse boer

Richard Morgan, Toyota se Jongboer van die Jaar in 2012, bestuur die produksie en beplanning op Meyer Morgan Farms tussen Adelaide en Tarkastad in die Oos-Kaap, terwyl Richard se vennoot, Adrian Meyer, ’n beleggingsbankier op die Karibiese eiland Barbados, die finansiële beplanning en evaluering van die boerdery behartig.

Jeff Every tem die melkbedryf in voormalige tuislande

Landbouweekliks kuier by Jeff Every, die besturende direkteur van Amadlelo Agri, wat gestig is deur 70 kommersiële melkboere van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, om onderontwikkelde, besproeibare grond in die voormalige tuislande in (suksesvolle) melkplase omskep én die gemeenskappe daarby te betrek.

Groot nuus oor die nuwe reeks van Landbouweekliks

Die derde reeks van Landbouweekliks begin vandeesweek en kykers kan ‘n groot verandering in dié gewilde program verwag.

Cobus van Coller klop erosie met geenbewerking!

Cobus van Coller, uittredende voorsitter van die Nampo-oesdagkomitee, boer by Viljoenskroon in die Vrystaat. Hy het in 2005 besef konvensionele bewerkingspraktyke is nie ’n teenvoeter vir erosie nie. Hy het self planne beraam en bewys geenbewerking kán in sandgrond werk. Hy het ook in 2006 met dekgewasse begin eksperimenteer.

Cronjé-boerdery haal die beste uit presisieboerderytegnologie

Die Cronjé-boerdery, tussen Standerton in Mpumalanga en Vrede in die Vrystaat, het drie afdelings – gesaaides, ’n veevertakking en braaihoenders – wat onafhanklik deur drie Cronjés bestuur word: Die broers Christo en Abrie, en hul neef Jaco. Die gewasse se opbrengspotensiaal word tot die maksimum benut danksy presisieboerderytegnologie.

Katoenboerdery is in dié boer se bloed

Leonard Venter plant al die afgelope 25 jaar katoen op die Springbokvlakte in Limpopo. Na ’n ernstige insinking van 2004 tot 2010 het die katoenbedryf behoorlik kop opgetel. Hy kon gevolglik vanjaar 4 000 ha katoen op droëland en nog 70 ha onder besproeiing aanplant. Leonard is ook voorsitter van Katoen Suid-Afrika.

AL 3 Boerdery streef saam na volhoubaarheid

Die AL 3 Boerdery lewer jaarliks sowat 38 000 ton aartappels aan die varsproduktemark. Hulle boer ook met uie, botterskorsies en aartappelmoere. CT van der Merwe het sy toekomsplanne vir die boerdery per brief aan sy pa, Carl, oorgedra, waarna Carl die leisels oorgegee het. AL 3 boer saam met die natuur om volhoubaarheid te bevorder.

https://youtu.be/oz6RAq2Px_I