Dié boer en sakeman kyk geen geleentheid mis

Alfonso Visser van Hartswater in die Noord-Kaap is ’n boer en sakeman wat geen geleentheid miskyk nie. Hy is die grootste verwerker van pekanneute en grondbone in Suid-Afrika en en was in 2008 Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar. Alfonso is ook die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse filiaal van Golden Peanut & Tree Nut Company. Hierdie Amerikaanse maatskappy het onder meer in 2017 ’n hipermoderne, multimiljoenrand-verwerkings¬aanleg vir grondbone op Hartswater geopen.