Dié boere neem die voortou met Borans in SA

Landbouweekliks kuier vandeesweek by Simeon en Jarren Hurwitz. Hulle boer op die plase Hamelfontein en Uitzicht naby Ermelo in Mpumalanga. B. Hurwitz Farming (genoem na hul oupa) het die grootste geregistreerde Borankudde in Suid-Afrika. Hulle het ook een van die grootste voerkrale in Mpumalanga en kan enige tyd van 3 000 tot 8 000 speenkalwers afrond.