Dié familie vrugteboere streef na gehalte

In die nuwe episode van Landbouweekliks kuier ons by Ceres in die Koue-Bokkeveld op die De Keur-landgoed, wat appels, pere, bloubessies en uie vir die uitvoermark produseer. Soos baie vrugteboere in die Wes-Kaap moes die Du Toits ook planne beraam om die droogte te oorleef. Die familie behartig hul eie bemarking en uitvoer, en hul gesofistikeerde verpakkings- en opbergingsaanlegte is reg deur die jaar in bedryf. Hulle verskaf permanente werk aan ongeveer 150 mense, en nog 200 doen kontrakwerk. Gehalte is vir hulle die wagwoord.