‘Die kaviaar van beesvleis’

In episode vier van Landbouweekliks leer Ivor Price hoekom Wagyubeesvleis van die eksklusiefste vleis ter wêreld is.

Hy en die Landbouweekliks-span besoek Brian Angus by Arlington in die Oos-Vrystaat om uit te vind hoekom dié beesras so besonders is en hoe Brian-hulle die volledige waardeketting bestuur. ’n Interessante uitdaging lê ook weer vir Ivor voor – dié keer leer hy ’n bul van nader ken…

Van Netwerk24