Dié skaapkenner boer sy wilde streek mak!

Carel van der Merwe boer met Boesmanlanders op sowat 80 000 ha in die Groot-Karoo naby Fraserburg en Carnarvon in die Noord-Kaap. Dié geharde skaapras sowel as tegnologie word ingespan om die moeilike omstandighede in hierdie dorre streek die hoof te bied. Hy boer met sowat 20 000 skape en bedryf ’n ekstensiewe boerdery.