Dié Vrystaatse boerdery floreer met familietradisies

Ernst Yzel en sy twee seuns, Tom en Nant, boer op die plaas Wonderkuil naby die dorp Marquard in die Oos-Vrystaat. Hulle boer met verskeie vertakkings (vee, gesaaides en droëlandaartappels), waarvan heelwat op huurgrond bedryf word. Met Ernst se kinders wat die vyfde geslag op die plaas is, sit die Yzels ’n familietradisie voort wat deur Ernst se oupagrootjie begin is. Ernst was voorheen voorsitter van Aartappels SA, en ook ’n stigterslid van die Vrystaatse Jongboerkomitee.