Die week op Landbouweekliks | Baanbreker se impak bekyk

Dr. Morné de la Rey het baanbrekerswerk in die vee- en wildbedryf gedoen. Sy jongste missie as spesialisveearts in geassisteerde reproduksietegnieke is om renosters van uitwissing te help red. Morné en dr. Robert Treadwell is die vennote en direkteure van Embryo Plus, ’n sentrum vir embriowerk, kunsmatige inseminasie en kwarantyn op Brits in Noordwes. Morné het tot dusver verskeie waardevolle deurbrake in moderne teeltegnieke gemaak en werk boonop kliphard agter die skerms aan nóg ideale waarby die diereryk regstreeks sal baat vind.