Die week op Landbouweekliks | ‘Belê wat jy kan in tegnologie’

Die Britse van Balfour in Mpumalanga is familieboere en Dawie is in 2021 aangewys as TLU SA se Jongboer van die Jaar. Hy boer met sojabone, mielies en hoenders op die plaas Modderbult. Ná skool het Dawie homself as ’n vlieënier bekwaam en meer as 9 000 vliegure opgedoen. Toe hy in 2019 na Modderbult terugkeer om sojabone te oes en sy pa, Pieter, sê hy moet aanbly, het Dawie nie op hom laat wag nie. Sy raad aan ander boere is – as die begroting dit toelaat – om alles wat jy moontlik kan bekostig aan tegnologiese verbeterings te bestee.