Die week op Landbouweekliks | Boer belê massief in SA

Number Two Piggeries is in die laat 1970’s deur Dave Osborne en David Miles gestig. Die maatskappy lewer vandag sowat 30% van Suid-Afrika se varkvleis. N2P het 26 varkboerderye in Suid-Afrika en Namibië. Die onderneming besit ook vier abattoirs, ’n beeskudde van meer as 6000, en het sowat 2750ha onder mielies en 950 ha onder sojabone. Die verskil wat die onderneming se plaasaankope tussen Indwe en Elliot in ’n grootliks arm gemeenskap gemaak het, is enorm. Afgesien van die werkgeleenthede wat geskep word, vind groot opheffing plaas.