Die week op Landbouweekliks | Boerdery is dié familie se groot liefde

Ons kuier by dr. Ferdi Meyer, uitvoerende direkteur van die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP). Dié landbou-ekonoomboer saam met sy broer Randolf, ’n landbou-adviseur, en hul pa, Herbert, met sonneblom, soja, koring en Bonsmara-beeste naby Kroondal in Noordwes op hul familieplaas Oorzaak. Herbert behartig die daaglikse boerderybedrywighede, Randolf is verantwoordelik vir alles van kunsmistoedienings tot grondgesondheid, en Ferdi bestuur die finansies, bemarking en strategie. Hulle sê boerdery is dié familie se groot liefde.